Ag sies, man! Daai ou J.M. Coetzee moet ma in Australia bly. Ek wonner of hy eintlik die haaglikke professor in die boek is(was)? Gister sien ek toe die movie DISGRACE met John Malkovich en al onse oulike locals by die Cinema Nuwou en reg deur die movie wou ek net braak. Toe ek in die lyn staan vir die tiekets lees ek die movie poster en sien al daai wreaths wat altyd om die “die en die datse” film festival se naam verskyn om vir die plebs te intimideer. Dit beteken gewoonlik vir my: girlfriend, concentrate nou mooi, anders gaan tjy die nuance miss en bly wakker want dis nie ‘n seance nie. Gelukking anticipate ek nie sub-titles nie, want lees EN multimedia concentration gee vir my anxiety attacks. Ek het natuurlik vir my metgesel knowingly meegedeel (een woord of groot word?) dat J.M Coetzee die Pullitzer prys ontvang het en moes maar ‘n quick retreat neem toe ek lees dat dit eintlik die Nobel prys was plus twee Booker prysse was.
Anyways – ek het ‘n paar vrae. Met sulke accolades verstaan ek dat dit gewoonlik beteken dat die boodskappe deep en meaningful gaan wees, maar moes hulle so subliminal wees dat ek dit glad nie verstaan nie? Elke Suid-Afrikaanse stereotype was uit gebuit plus, plus, plus. Daar was die usual commercial sex worker; die dof, unable to stand up for herself, kleurling girl wat te thankful moet wees dat sy by die varsity on the hill is; die power-abusing wit, over-pretentious ou man professor wat eintlik ‘n paedophile tipe is; die Kalvinistiese moral high ground pa van die varsity student; en die lys gaan aan. Maar mees confusing was die dele van die movie wat in die platteland afspeel.
Wat die hel was verkeerd met die wit prof se blonde kind wat dink dis OK om ge-rape te word? Nie ‘n goeie manier om vir die hele blanke gemeenskap ‘n atonement martyr te word nie. Of het sy dit net gevat omdat sy gay was en vir dit ook sommer moes atone?
Ek insist dat jy jou land moet eien en terug vat vir jouself, veral as jy alienated voel. Jy moet mos kan bly waar jy wil ensovoorts, maar liewe genade, jy moet ook streetwise wees en nou en dan uit la-la-land emerge. Dit doen ‘n mens nie deur alleen op ‘n koppie in doer verlaten vlakte te gaan, letterlik, daisies plant nie.
Drie jong swart mans daag op die koppie op en ek het begin cringe en wikkel in my seat terwyl ek terselfde tyd bid dat wat ek verwag nie gaan gebeur nie: Hier kom dit, dink ek – die inevitable, die verwagte aksie, die violence, die rape, dis mos wat jong swart mans doen… en wraggies, dit gebeur!
Die feit dat een van die youths gestremd is, is seker nie ‘n mitigating circumstance om ‘n swangerskap (ja, natuurlik het sy net daai dag ge-ovuleer en sy is swanger) te verwelkom nie.
To top it all, dan dink jy nog dis ‘n good idea om jou fellow land owner te trou in exchange vir protection vir jouself en jou ongebore kind?
Dan is daar die honde. O liewe hemel, let me not even go there…
Nee, man, sies! Give me a braak!
sjoe! wel, ek het die boek gelees ‘n paar jaar terug en was goed geruk, maar is nou nie lus om af te piekel nuwou toe nie, maar ek sal jou sê, ek het ontelbare dieper betekenis van die SA psige daarin gelees. hoe was die fotografie ou beesblaas? die proffie nie ‘n pedofiel tipe nie .. en ek het wel meelewing met die dogter gehad.. die coloured girl baie slim en ja . veel meer kan ek ookl nie onthou nie.. ek sou graag die film wou sien..mar ja, ek het nie die film gesien nie.. en die moral is seker mar net wat jy sê:
dat sulke dinge hoegenaamd plaasvind is en bly -
‘n disgrace
By: sterrewind on September 27, 2009
at 16:25
Ek het ‘Waiting for the Barbarians’ en ‘Life & Times of Michael K’ gelees – albei vrek depressing. Na laasgenoemde het ek besluit dis nou genoeg van hom vir my.
By: alleman on September 28, 2009
at 00:15